Landings- Of Verkoopsblaaie

Suksesvolle bemarkers weet dat dit sinneloos is om 'n produk of iets doeltreffend op 'n tuisblad te bemark want daar is heeltemal teveel dinge wat 'n mens se aandag aftrek en negatiewe uitwerking het op die omskakelings ratio.

'n Hoogs gefokusde landings- of verkoopsblad het dus 'n dramatiese beter omskakelings ratio vir individuele produkte, dienste of inteken opsies.

Daar is letterlik dosyne of dalk selfs honderde studies soos "eye movement" en inligtingstukke deur deskundiges op verskillende gebiede beskikbaar wat internet bemarking tot 'n fyn kuns ontwikkel het maar die basiese kom neer op die volgende.

1) Bemarkingsmateriaal met al die tierlantyntjies, moets en moenies en nog wat.
2) Hierdie bemarkingsmateriaal link dan na 'n hoogs gefokusde landings- of verkoopsblad met gepaardgaande dit en dat.

Opvolg, kontak en talle ander dinge, produkte en dienste is ook belangrik ja, maar die enigste en uitsluitlike doel van bogemelde is om met 'n perfekte sielkundige en wat nog die voornemende klient sover te kry om 'n spesifieke aksie te voltooi soos daardie produk  te koop, van daardie diens gebruik te maak of my daardie e-pos lys aan te sluit.

DIT is die "bottom line" van jou besigheid en alles draai daarom.

- Met die gemiddelde persoon wat binne die eerste paar sekondes besluit of hy/sy verder gaan lees of nie is die hoofopskrif en wat met een oogopslag sigbaar is van deurslaggewende belang en dus die meeste aandag geniet. Dit is by verre die belangrikste deel van jou landingsblad.

- Maak seker jou taalgebruik is dieselfde as die advertensie wat die besoeker na die bladsy gebring het om te verseker dat die leser betrokke en georienteerd bly. Die bewoording, taalgebruik, voorlegging en alles moet saamwerk om die leser se emosionele ingesteldheid te behou en om te skakel om 'n sekere aksie uit te voer.

- Verskaf 'n duidelike "Call to Action" met minstens 2 in 'n kort landingsblad en 3 in 'n langer blad. Mense huiwer as hulle tussen teveel dinge moet kies of self tot die daad moet oorgaan so 'n sagte "opdrag" van 'n gesagsfiguur soos "Kliek hier om jou e-boek te ontvang" werk baie doeltreffender.

- Skryf of eerder praat direk met die leser. Niemand gee 'n hel om oor jou of jou besigheid nie en al wat saakmaak is hoe dit hom of haar kan bevoordeel so fokus op die leser en beperk die eie ek en besigheid tot 'n minimum.

- Skryf om 'n duidelike en oorredende boodskap oor te dra wat al die noodsaaklike snare raak en vermy enige ander slimhede wat nie 'n direkte rol speel om die leser se ingesteldheid van belangstelling om te skakel in 'n daad van aksie nie.

- Jy kan 'n lang landingsblad skryf indien alles relevant is en uitstekend saamvloei maar oor die algemeen is 'n lang bladsy beter om mee te begin as 'n korte want dit is makliker om 'n lang een oor en oor deur te gaan en onnodige goed uit te haal as om 'n kort een te verleng met noodsaaklike dinge.

- Wees kristal helder in jou voorlegging met 'n logiese uitvloeisel van jou hoofopskrif sonder enige ekstra, onnodige of doellose bla bla wat die leser kan laat voel jy mors sy/haar tyd. Enige afwyking van die sielkundige proses van oorreding is 'n verlore klient.

- Sit jou belangrikste punte in die begin van paragrawe en lyste. Meeste lesers skim eers ligweg oor alles en lees eers behoorlik as hulle belangstelling geprikkel is. Sulke "skimming" vind plaas in 'n F vorm waar hulle oe bo aan eers van links na regs beweeg, dan weer links en ondertoe, dan weer so effens regs voordat hulle weer aan die linkerkant ondertoe beweeg.

- Verwyder alle onnodige dinge van jou landingsblad. Meeste mense is geneig om dieselfde layout as hulle website te gebruik met al die menus, text, links en ander goed maar dit trek mens se aandag af. 'n Landingsblad het EEN doel voor oe, omskakeling en bokker the rest.

- Moet niks as logies of goed of reg aanvaar nie en toets alles deeglik om die maksimum doeltreffendheid te behaal. Selfs werklike deskundiges en groot bemarkers doen dit en is dikwels verbaas dat die uitslag van die toetse anders is as wat hulle verwag het. ELKE industrie, besigheid en wat nog verskil so wat werk in sekere omstandighede, werk dikwels nie in ander omstandighede nie.  

Indien jy nog nie aangesluit het nie sluit hieronder aan en maak gebruik van die spesiale afslag. Die website stelsel het 'n spesiale "Sales Pages" afdeling ingebou om dit baie makliker te maak om selfs dosyne landings- verkoopsblaaie te skep en te toets.

http://www.saweb.info/sales/1/special-offer.html

Author

Editor

Editor

SA Internet News Group Cc

As developer and owner of this group I want to share some "secrets" with you so read it very carefully.

Follow Me: